Your Recipe Blog

MARINA SE EIER EN SPEK MUFFINS

by Your Recipe Blog

Stien Rust
Posted by
Cook: 30 minute | Servings: 12 muffins

MARINA SE EIER EN SPEK MUFFINS

Geen “Carbs” eier en spek muffins. Lekker gesond vir die kinders se kosblik ook! Ek bak hierdie weekliks vir ons, my man vat van dit werk toe vir ‘n 10 uur snack of ligte middagete saam met ‘n lekker groen slaai. Jy kan enige iets bysit soos jou smaakorgane en voorkeure jou voorskryf… die basis is 6 eiers en 1-2 koppies kaas.
Resep maak 12 muffins

  • 6 eiers, geklits in ‘n bak soos vir roereiers, met room of melk (ek gebruik free range)
  • Voeg by:
  • ½ pakkie gekapte spek, vir variasie sit ek soms tuna in
  • 1 grof gekapte ui / sprietui
  • 1 – 2 koppies sterk Cheddar kaas, gerasper
  • sout en peper na smaak
  • klein bietjie chilli flakes, opsioneel
  • klein stukkies brokkoli, opsioneel

Skep in muffin pannetjie (12 klein of 6 groot pan)
Bak 180°C vir 30 min of tot lekker bruin bo-op.
Bêre dit in ‘n lugdigte houer – dit hou 5 dae in die yskas.

Resep en foto: Marina Hiscock

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5