Your Recipe Blog

MAKLIKE VLAKLUITJIES

MAKLIKE VLAKLUITJIES

Vanaand se aandete. Dis eintlik ‘n nagereg maar ons Kempe was belustig.

Maak ‘n dik vla sodat dit met ‘n lepel uitgeskep kan word en vorm hou. Hoeveelhede na smaak, hang maar af hoeveel poeding jy wil maak. Ek het die volgende gebruik.

  • 2 liter melk
  • 8 opgehoopte eetlepels vlapoeier
  • knippie sout
  • 6 teelepels suiker
  • Ekstra:
  • kaneelsuiker
  • botter

Meng bogenoemde saam en kook in die mikorgolf, roer baie gereeld  en kook totdat die vla gaar en styf is.  Jy kan dit ook op die stoof doen, maak eers die melk warm en roer dan die res gemeng met klein bietjie melk by. Draai die plaat baie stadig en kook tot dit dik en gaar is, roer die hele tyd anders kan dit aanbrand.
Neem ‘n groot genoeg opskep oondbak.
Onder in die bak strooi kaneel suiker en plaas klonte botter. Skep lepels vol vla bo op.
Strooi kaneelsuiker oor die vla en weer klonte botter tussen in.
So bou jy laag vir laag totdat die vla klaar is. Moenie skaam wees met botter en kaneelsuiker nie. Dit smelt en maak die sous. Laat dit vir ‘n rukkie in ‘n lou oond staan en bedien warm.

Resep en foto: Joey Kemp

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5