Your Recipe Blog

MAKLIKE SEEKOSPASTA

MAKLIKE SEEKOSPASTA

“My gunsteling seekospasta, net die noedels selfs bepaal of dit keto/low carb is of nie.”

  • ½ ui, gekap
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 1 tamatie, gekap
  • 100 ml droë witwyn
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • 250 g gekookte garnale (ontvries, indien gevries was)
  • 1 blikkie tuna, gedreineer
  • 1 blikkie gerookte mossels, gedreineer
  • 2 eetlepels pietersielie, gekap
  • 200 ml room
  • sout en peper, na smaak
  • 350 g gekookte pasta van jou keuse (ek het gaar “courgette and heart of palm” noedels gebruik om dit keto te hou)

Braai die ui en knoffel vir so 5 – 7 minute tot deurskynend. Voeg die tamatie, wyn, tamatiepasta, garnale en tuna by en kook dit vir 5 – 10 minute sonder die deksel (oop). Roer nou die mossels, pietersielie, room, sout en peper deur en kook nog vyf minute. Roer die gaar pasta deur en geniet.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5