Your Recipe Blog

MAKATAAN KONFYT

MAKATAAN KONFYT

  • 3 kg makataan stukke
  • 5 liter water
  • 45 ml koeksoda

Sny die makataan in skywe en sny die binneste dele uit.
Skil die buitenste dik stukke en prik goed van alle kante en sny in 50 mm blokke.
Los die koeksoda in die water op.
Plaas dan die blokke in die oplossing en laat staan oornag, maak seker al die stukke is bedek.
Spoel die volgende oggend die stukke goed af en plaas in skoon water tot dit gekook gaan word.

  • Meng saam:
  • 5 liter water
  • 3 kg suiker
  • 20 ml suurlemoensap
  • Ekstra:
  • 2 of 3 stukke gekneusde gemmer

Verhit die oplossing stadig tot kookpunt en kook dan vir nog 10 min.
Halveer die stroop en hou die ander helfte warm.
Plaas dan 1 kg makataan stukke met verdrag in die kokende stroop.
Moenie laat dit ophou kook nie.
Plaas die gemmer by en kook tot die stukke deuskynend is.
Dit duur omtrent 1 ½ uur.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse

Herhaal dan met die volgende 1 kg stukke en vul die sous aan as dit minder raak met die sous wat warm gehou word.
Sorg dat die stroop waarin jy kook altyd kook.

Nota:
Annatjie Kotze
Baie mooi gekom… Gideon! pragtig! en as jy dit die groen kleur wil behou, gooi jy so ‘n mespuntjie blou vitrioel in die kokende stroop voor jy die stukke begin insit.  Te kry by apteke, as ek nie maketaan kan kry nie, doen ek dit met gewone waatlemoen ook wat lekker dik skil het, sny net die rooi van waatlemoen goed uit.

Lekker eet en geniet dit… my mond water nou..van lus.

Resep: Annatjie Kotze
Foto: Gideon Louw

Category:

3 Reviews

  1. Nico

    Ek gaan dit probeer, fit lyk net soos met Ma dit gedoen het.

    Star
  2. Nathan

    Die lewe is lekker wanneer ‘n men’s ‘n stukkie makataan met brei kaas eet. Smul lekker. Ek sê sowaar, did engele kos.

    Star
  3. Ritha

    Beste konfyt ooit nes my mammie dit gekook het, nostalgie op sy beste

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5