Your Recipe Blog

LIPLEKSMAKIE – VRUGTEKLEKIE POEDING

Cook: 30 minute

LIPLEKSMAKIE – VRUGTEKLEKIE POEDING

As ek reg onthou was dit ‘n Huisgenoot Wenresepgunsteling waarmee ons grootgeraak het.

  • 500 ml bruismeel
  • 200 ml suiker
  • knippie sout
  • klapper, opsioneel
  • 200 g botter/margarien
  • 1 groot blik vrugtekelkie (fruit cocktail) – 825 g

Voorverhit die oond tot 180°C.
Plaas vrugte saam met die stroop/sous, in ‘n gesmeerde oondbak.
Vryf die botter in die droë bestanddele in.
Strooi die meelmengsel oor die vrugte in die oondbak.
Bak vir 30 min. tot die meelmengsel ‘n mooi kleur het.

Resep gepos deur: Annelie Kruger
Foto: Annelie Kruger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5