Your Recipe Blog

LEWERKOEKIES MET SPEK

LEWERKOEKIES MET SPEK

“Ek’t vanaand lewerkoekies met niertjies en bacon gemaak. Is baaaaie en vingerlek lekker saam met smash en ‘n mengelslaai. Ek’t ook sweet chilliesous uitgesit vir ‘n dip.”

  • 500 g skoongemaakte lamslewer, in klein stukkies gesny
  • 4 skoongemaakte lamsniertjies, in klein stukkies gesny en laat lê in asyn vir 1 uur saam met lewerstukkies
  • 300 g spekstukkies, klein gesny
  • 1 ui, fyngekerf
  • 1 eetlepel droë knoffelvlokkies
  • 2 teelepels droë rissievlokkies
  • 1 eetlepel Italiaanse speserye
  • 2 eetlepels blatjang
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel witpeper
  • 2 eetlepels sojasous
  • ½ koppie koekmeel
  • 2 eiers
  • botter en olie, vir vlakbraai

Dreineer die niertjies en lewer goed. Meng al die bestanddele saam. Die mengsel moenie te slap wees nie. Pas dit aan met bietjie koekmeel, indien nodig. Verhit ‘n bietjie botter en olie in ‘n braaipan en bak lepelsvol stadig tot mooi goudbruin en draai dit versigtig om en doen ook so aan die ander kant. Dreineer die koekies op papierhanddoeke.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5