Your Recipe Blog

LEPELBROOD

Recipe by
Cook: 35 - 40 minute | Servings: 4 - 6 porsies

LEPELBROOD

  • 450 ml melk
  • 300 ml mieliemeel
  • 5 ml sout
  • 50 ml gesmelte margarien
  • 4 eiers, geskei
  • Opsioneel:  gerasperde kaas vir bo-oor

Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer ‘n diep oondvaste bak van 24 cm met margarien.
Voeg die melk in ‘n groot genoeg kastrol en verhit dit op die stoofplaat tot kookpunt.
Verwyder die kastrol van die hitte en roer die mieliemeel geleidelik by en roer tot glad.
Plaas die kastrol terug op die hitte en laat kook tot die mengsel verdik het, roer elke nou en dan.
Voeg die sout en gesmelte margarien by die papmengsel en roer deur.
Verwyder die pap van die hitte en laat dit heelwat afkoel.
Klits die eiergele en vou dit by die mengsel in.
Klits die eierwitte styf en vou dit ook by die mengsel in.
Skep die papmengsel in die voorbereide oondbak en bak ongeveer vir 35 – 40 minute of tot gaar.
Dien die lepelbrood warm op saam met ‘n smeersel botter.

Nota:
Dankie vir hierdie heerlike resep. Ek het kaas bo-oor gestrooi, mens kan eintlik so baie met hierdie resep doen. Dit was heerlik saam met souserige maalvleis.
Ek het net gevind dat ek dit nie kon terug plaas op die plaat, nadat ek die mieliemeel bygevoeg het nie, want dit het dadelik heeltemal verdik. Ek het toe nog ‘n bietjie melk bygevoeg en dit in die mikrogolf verder gaargemaak om te verhoed dat dit aanbrand (mieliepap brand mos as ‘n reël maklik aan). Dink ek sal in die toekoms van die begin af die mieliepap in die mikrogolf gaarmaak. Hierdie resep is ‘n wenner en so maklik om te maak. Nogmaals baie dankie.

Resep getoets en foto: Noeline Schoeman Vermaak

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5