Your Recipe Blog

LEMOENKONFYT

LEMOENKONFYT

Ek het my ma se nartjiekonfyt resep gebruik en lemoen konfyt gekook en dit gebruik in my marinade vir die hoender.

  • 1 ½ kg mooi lemoene, skoon afgewas
  • 1 ½ kg suiker
  • 1 suurlemoen

Skil die vrugte en sny dit fyn op. Verwyder soveel moontlik pitte.
Gebruik die helfte van al die lemoene se skil en sny dit in baie dun repies. Verwyder die wit binne in die skil soveel moontlik indien jy dik skil lemoene gebruik.
Pak die vrugte en skil in lae met die suiker in ‘n pot en laat staan oornag.
Verhit die vrugte en suiker oor lae hitte, totdat al die suiker opgelos is.
Voeg die suurlemoen, gesny in dik skywe by die lemoen- en suikermengsel.
Verhoog die hitte en kook die mengsel oor hoë hitte totdat die konfyt reg is.
Toets op ‘n koue piering vir die dikte van die konfyt soos verkies.
Verwyder die suurlemoenskywe en bottel die konfyt warm in vooraf gesteriliseerde bottels.

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5