Your Recipe Blog

LEKKER VLEISPASTEITJIES

Recipe by
| Servings: ongeveer 72 pasteitjies

LEKKER VLEISPASTEITJIES

  • Deeg:
  • Vryf 625 g margarien in by:
  • 6 koppies koekmeel
  • ½ teelepel kremetart
  • 1 ½ teelepel sout
  • Maak aan met die volgende wat saam gemeng is:
  • 3 eiergele
  • 60 ml witasyn
  • 3/4 koppie yswater.

Vou toe in plastiek en plaas in yskas vir ten minste 6 ure. Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.

  • Vulsel:
  • Kook saam tot goed deur gekook:
  • 1 kg gemaalde vleis
  • ½ teelepel sout en
  • ¼ koppie blatjang
  • Voeg by:
  • ½ teelepel aromat
  • ¼ teelepel naeltjies
  • ½ teelepel mosterd
  • ½ pakkie Knorr Meat Ball Maker
  • ¼ koppie hawermout
  • 1 sny geweekte bruinbrood

Druk al die water uit die brood. (ek sit nooit die brood in nie, die hawermout bind die vleis genoeg)
Meng alles goed en laat prut vir 14 minuut. Druk in glasbak en laat koud word in yskas.
Rol die koue deeg uit.
Sny stroke vleis en plaas op uitgerolde deeg.
Vou toe en rol om, sny in verlangde groottes, smeer met geklitste eier.
Bak tot mooi bruin by 180°C.

Foto en resep: Annelise Engelbrecht

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5