Your Recipe Blog

LEKKER HAWERMOUT KOEKIES

Recipe by
Cook: 7 - 10 minute

LEKKER HAWERMOUT KOEKIES

Ek deel graag die resep, dis een wat ek in st 7 by ‘n maatjie gekry het en baie lekker, ek het vandag net 100 g choc chips ingegooi.

  • 4 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • sout
  • 3 teelepels koeksoda, opgelos in warm water
  • 4 koppies klapper
  • 4 koppies hawermout
  • 2 eiers, geklits
  • 3 koppies suiker
  • 500 g botter
  • 2 eetlepels stroop
  • 1 teelepel vanilla geursel

Room botter, suiker, stroop saam. Voeg eier by en meng goed.
Meng droë bestandele en voeg by die eiermengsel om ‘n deeg te vorm.
Rol in balletjies (ek rol en druk sommer in palm bietjie plat), pak in voorbereide bakplaat en bak tot goud bruin teen 180ºC so 7 – 10 min.
Hou maar dop die koekies kan vinnig brand.

Resep geplaas deur Jenel Ralph van Wyk
Foto:  Jenel Ralph van Wyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5