Your Recipe Blog

LEKKER BOTTERVERSIERSEL

by Your Recipe Blog

LEKKER BOTTERVERSIERSEL

Die resep maak genoeg versiersel om ‘n dubbellaag koek of 24 kolwyntjies te versier.
(Ons gebruik Stork Bake vir ‘n heerlike smaak, jy kan egte botter ook gebruik indien jy so verkies).
Heibre Schronen –  ek gebruik wit woodenspoon botter om die versiersuiker spierwit te kry en die # op die cupcake is van royal icing.

  • 250 g botter (sag/kamertemperatuur)
  • 500 g versiersuiker (gesif)
  • 30 ml melk
  • 5 ml vanilla geursel(of geursel van eie keuse)
  • kleursel (opsioneel)

Nota:
Die groot geheim le in die klits, jy moet die botter klits totdat dit lig van kleur en romerig is voor jy die versiersel bysit.

Room die botter tot glad met ‘n klitser.
Voeg die gesifte versiersuiker bietjie vir bietjie by.
Meng goed en voeg geursel en opsionele kleursel by.
Meng die melk by om dit gladder te kry.
Smeer of spuit op koek of kolwyntjies.

SUURLEMOEN-BOTTERVERSIERSEL

  • 4 eetlepel botter
  • 3 eetlepel suurlemoensap (Ongeveer)
  • 2 koppie versiersuiker
  • paar druppels geel koekkleursel

Room die botter en voeg die suiker geleidelik daarby, klits totdat dit lig en skuimerig is. Voeg die suurlemoensap by om dit tot ‘n smeerbare dikte te kry. Kleur tot ‘n delikate geel met koekkleursel.

Resep en foto 2:  Petra Pretorius
Foto:  Heibre Schronen

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5