Your Recipe Blog

LAE KOOLHIDRAAT TUNA QUICHE

Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: 4 porsies

LAE KOOLHIDRAAT TUNA QUICHE

BANTING / LOW CARB TUNA QUICHE

  • 1 medium ui, gekerf
  • ½ groen soetrissie, gekerf
  • 2 blikkies tuna in water, gedreineer
  • 1 eetlepel knoffel
  • 8 eiers
  • ¼ koppie melk
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 1 koppie wit Cheddar
  • sout, peper, Italian herbs en paprika, na smaak

Braai uie, soetrissie en knoffel tot uie deursigtig is, voeg die tuna by en meng deur. Laat afkoel.
Klits eiers, speserye, bakpoeier en melk saam. Meng by die tunamengsel en skep in ‘n oondvaste bak.
Bak vir 20 minute by 180ºC, strooi kaas oor en rooster tot kaas begin bruin word.
Bedien saam met ‘n lekker vars slaai.

Foto: Chireen Buitendag

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5