Your Recipe Blog

KREEMYMEEL HAPPIES

KREEMYMEEL HAPPIES

(Spicy Fried KreemyMeel Squares with Guacamole, Sour cream, Sweet-chilli sauce, and sweet-corn sprinkels)
Hoeveelhede na smaak, hang af hoeveel jy wil maak.

  • kreemyMeel
  • speserye, na smaak
  • olyfolie
  • garnering, na smaak
  • mengsel van botter en Canola olie vir vlakbraai

Berei KreemyMeel voor volgens aanwysings.
Geur na smaak met speserye. (Ek het gebruik rissiesout, gedroogde tiemie, komynsade, uiesout)
Voeg ± 2 eetlepels olyfolie by.
Meng alles deeglik saam, skep uit in vierkantige plastiekbak, maak glad/gelyk bo-op en verkoel in yskas.
Sodra verkoel, keer plastiekbak versigtig om sodat gestolde KreemeMeel uitgly.
Sny in dun skyfies, en dan in geskikte grootte vir happies.
Vlakbraai in mengsel van botter en Canola-olie tot bros en bruin.
Skep uit op kombuispapier en laat afkoel.
Garneer na smaak
Ek het suurroom, guacamole, sweet-chilli sous en suikermielies gebruik soos op die foto.
Geniet as ‘n vingerhappie of ligte ete.

Resep en foto: Meyer Combrinck

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5