Your Recipe Blog

KORTPAD LASAGNE

by Your Recipe Blog

KORTPAD LASAGNE

Die is nou nie jou tradisionele lasagna nie. Dis kortpad, min bestanddele, korter kook tyd en min skottelgoed dis. Selfs makliker as om in jou kar te klim en’ n “ready made” een te gaan koop!

  • 500 g maalvleis
  • 1 ui
  • sout en peper na smaak
  • dubbel room jogurt (of Ricotta kaas)
  • 2 koppies gerasperde kaas (Cheddar of mozzarella)
  • 1 blik tamaties
  • 1 sakkie tamatiepaste
  • 2 eetlepels suiker
  • knoffel
  • 4 lasagna velle in so 3cm stukke gebreek

Braai uie en knoffel vir ‘n paar minute in ‘n pan. Sit die maalvleis, suiker, sout en peper by. Braai maalvleis tot bruin. Voeg die paste, tamaties en so koppie water by en bring tot kook. Sodra dit borrel draai plaat af en meng die lasagne velstukke velle in.
Laat prut vir so 15 min. Skakel die plaat af.
Skep ongeveer 5 eetlepels jogurt (hopies) op jou maalvleis, sprinkel kaas oor en sit die pan se deksel op sodat kaas kan smelt.

Resep en foto: Michelle Bekker

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5