Your Recipe Blog

KORSLOSE HAM QUICHE

KORSLOSE HAM QUICHE

  • 2 koppies enige van die volgende  – gerookte ham of vleis van jou keuse en sampioene
  • 6 eiers
  • 1 ½ koppie room
  • 1 koppie Cheddar kaas (ek het 1 koppie ekstra gevat)
  • 1 teelepel Italiaanse kruie, olyf en roosmaryn kruie
  • ½ klein ui gekap
  • ¼ teelepel fyn gekapte knoffel
  • spriet uie gekap, na smaak ongeveer 5 ml

Braai ui tot ligbruin en voeg knoffel by. Voeg jou fyngekapte ham by, roer deur en haal van die stoof af.
Meng kruie en spriet uie deur.
Klits eiers en room en gooi bo-oor vleis mengsel.
Voeg 1 ½ koppie kaas by en roer deur. Smeer ‘n oondbak en skep mengsel daarin.
Strooi die ander ½ koppie kaas bo oor.
Bak by 180°C vir 35 minute tot ligbruin en gestol.

Nota:
Ek het geen sout bygevoeg ham is sout en kruie het sout in.

Resep en foto: Ronell Muller Boshoff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5