Your Recipe Blog

KOPERPENNIE WORTELSLAAI

KOPERPENNIE WORTELSLAAI

O ja ek het resepie by ouma plaas gekry!!! Sy het hom geskryf in my boekie 2005!

  • 1 kg geelwortels, in ringe gesny
  • 2 soetrissies, ontpit en in repe gesny
  • 2 uie, opgekap
  • Sous:
  • 1 pakkie tamatiesoppoeier
  • 250 ml water
  • 200 ml witasyn
  • 125 ml sonneblo olie
  • 250 ml suiker
  • 10 ml Worcestersous
  • 7 ml aangemaakte mosterd
  • ½ teelepel sout
  • ¼ teelepel peper

Kook die wortels tor half gaar en hou eenkant.
Braai die uie en soetrissie saam en hou eenkant.
Kook al die sous bestanddele saam tot ‘n lekker dik sousie.
Meng die sous, wortels en soetrissiemengsel saam, sit in ‘n bak met ‘n deksel en sit in die yskas.
Lekkerder as dit 24 gestaan het, bedien as slaai.
OF
Die resep se nou pak in lae in voorbereide bottels en giet sous oor.
Ekke het alles gemeng, wortels en ui en toe die sous oor gegooi en alles deur gemeng.
Bottel in voorbereide bottels, laat afkoel, sit die deksels op pak weg.
Het resepie verdubbel en dit alles het 4 bottels gemaak.
Ekke bottel dit altyd en bere dit in die yskas! Dit gaan so vinnig.

Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5