Your Recipe Blog

KOOS SE VEELSYDIGE STEAK-EN-NIERTJIEVULSEL

KOOS SE VEELSYDIGE STEAK-EN-NIERTJIEVULSEL

Gister was ek nou lus vir steak en niertjies en toe maak ek steak en niertjievulsel vir vetkoek.

  • 250 g skaapniertjies – alle vliesies afgetrek en buisies uitgesny, geweek in asynwater vir minstens 30 minute
  • 250 g rypgemaakte (Matured) rumpsteak
  • 8 g sout
  • 1 g witpeper
  • 2 fyn gesnyde uie
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier

Spoel die ontvliesde, ontbuisde niertjies deeglik vir 5 – 10 minute onder lopende koue kraanwater af, en sny in blokkiegrootte van jou keuse. Sny die steak ook in blokkiegrootte van jou keuse. Meng niertjies, steak, sout en peper deeglik saam in ‘n bak en laat staan vir ± 30 minute.
Bedek die boom van ‘n ysterpot liggies met olie en braai uie tot glaserig.
Plaas dan die vleis-en-niertjiemengsel in die pot by die uie en laat prut tot gaar.
Meng die bruin uiesoppoeier met 200 ml koue water en voeg by die sous wat reeds in die pot gevorm het.
Laat prut tot jy ‘n mooi gestolde, gaar sous het.
Bedien met vetkoek, op rys of op slappap.

Resep en fotos: Koos van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5