Your Recipe Blog

KONDENSMELK KOEKIES IN GROOTMAAT

by Your Recipe Blog

Rina Kleinhans
Posted by
Cook: 10 - 15 minutes

KONDENSMELK KOEKIES IN GROOTMAAT

Dis lieflike deeg om mee te werk. En dit maak BAIE koekies!!!

  • 12 koppies koekmeel
  • 4 eiers
  • 1 pakkie kremetart (12 g)
  • 1 eetlepel stroop
  • 1 blik kondensmelk (385 g)
  • 1 pakkie koeksoda (14 g)
  • 900 gram botter
  • 2 1/2 koppies suiker

Meng suiker en botter baie goed voeg eiers een vir een by en meng goed na elke eier.
Voeg stroop en kondensemelk by en meng goed.
Sif meel, koeksoda en kremetart saam en voeg by mengsel.
Meng tot stywe deeg rol uit, of druk uit met koekiedrukker en pak op gesmeerde bakplate.
Bak in matige oond by 180 ºC vir ongeveer 10 tot 15 minute.
Nota:
Die dun uitgerolde koekies bak so 10 min. Die balletjies bietjie langer.
Miemsie De Klerk se nota:
Die beslag werk wonderlik deur dit met die koffie meuletjie te draai, ek deel dit gewoonlik in 4 en meng soos ek goed dink iets by bv gemmer, klapper, vlapoeier, kakaopoeier.
Dit was ons grootword huis se kerskoekie resep. Geniet dit

Resep:  Sandra Gardiner
Foto:  Katrina Hentze Sivori

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5