Your Recipe Blog

KOFFIETERT MET KITSPOEDING VERSIERSEL

Recipe by
Cook: 20 minute

KOFFIETERT MET KITSPOEDING VERSIERSEL

  • 4 eiers
  • 1 koppie suiker
  • ¼ teelepel sout
  • 4 eetlepels botter
  • 4 eetlepels melk
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 ½ koppie koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier

Klits eiers en suiker tot lig en sponserig. Voeg sout by en hou eenkant.
Smelt botter en voeg die melk en vanilla by.
Sif die meel en voeg by die eier- en suikermengsel. Meng goed.
Voeg bottermengsel by en meng weereens goed.
Voeg laastens die bakpoeier by en meng goed.
Bak in ‘n gesmeerde oondpan of gesmeerde glasbak by 180°C vir ongeveer 20 minute.
Toets maar eers voor jy dit uit die oond haal.
Druk die tert vol gaatjies,  en skep die stroop oor sodra dit uit die oond kom.

  • Stroop:
  • 12 eetlepels suiker
  • 1 ½ koppie water
  • 3 eetlepels koffiepoeier (effens rond)
  • 3 eetlepels brandewyn
  • 1 teelepel vanilla geursel

Meng die stroop terwyl die tert bak. Kook die stroop ‘n paar minute en skep kokend oor die warm koek.
Laat die tert heeltemal koud word voor die versiersel opgesit word.

  • Versiersel:
  • 1 pakkie kits karamelpoeding
  • 1 blik karamelkondensmelk
  • 1 koppie melk
  • 250 ml vars room of 2 koevertjies Orley Whip
  • 1 Flake

Klits die room styf.
Meng kitspoeding met 1 koppie melk.
Klits karamelkondensmelk by room en meng dan die kitspoeding in die roommengsel in.
Smeer oor tert en strooi gekrummelde Flake oor.

Resep: Heidi Olivier se vriendin Rallie
Foto 1: Heidi Olivier
Foto 2:  Joyce Geers Minnaar

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5