Your Recipe Blog

KNOFFELMOSSELS IN ROOM

KNOFFELMOSSELS IN ROOM

  • Ongeveer 20 mossels
  • Mozarella kaas, gerasper
  • Sous:
  • 250 ml room
  • 250 ml wit wyn
  • 1 teelepel Aromat
  • 2 eetlepels gekneusde knoffel (crushed)

Meng sous bestanddele saam in ‘n diep pan en bring tot kookpunt.
Plaas mossels in die pan en kook vinnig vir ± 8 min.
Neem ‘n oondpan wat uitgelê is met foelie, pak die mossels uit op die foelie met oop kante bo.
Gooi knoffel- en wynsous van die pan oor die mossels, sprinkel gerasperde Mozzarella kaas oor en rooster in die oond tot kaas begin bruin word.

Bedien saam met broodvingers.

Resep en foto:  Gideon Louw

One Review

  1. Susan Muller

    Delicious! Wait a longtime for the recipe

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5