Your Recipe Blog

KLAM VANILLA- OF SJOKOLADEKOEK

Recipe by
Cook: 35 minute

KLAM VANILLA- OF SJOKOLADEKOEK

  • 6 eiers
  • 2 koppies suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 knippie sout
  • 2 koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 1½ koppie louwater
  • ½ koppie olie
  • 4 eetlepels Kakao of Maizena

Klits die eiers en suiker tot liggeel.
Meng die vanilla en sout by en klits nog bietjie.
Sif die koekmeel by en klits.
Strooi die bakpoeier bo-op en moenie klits nie.
Meng die louwater, olie en kakao of Maizena as Vanilla (wit) koek is. Giet dit oor die vorige mengsel en laat dit bruis. As dit klaar gebruis het, klits, nie te lank.
Verdeel in twee voorbereide panne.
Bak 35 min teen 160°C. of tot gaar toets. Laat heeltemal afkoel.
Sny elke laag in twee. Sit die lae op mekaar met vulsel van jou keuse.
Maak ‘n ganache en giet oor, Karamel met Peppermint Crisp of gemeng met room.

Nota:
Hierdie resep maak ook die heerlikste klam cupcakes. Jy kry so 34 tot 36 Cupcakes uit.

Resep geplaas deur Saartjie Leimecke
Foto’s: Saartjie Leimecke

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5