Your Recipe Blog

KIT KAT SJOKOLADEKOEK

KIT KAT SJOKOLADEKOEK

Ek het so ‘n week terug hierdie koek vir my dogter se 21ste verjaardag gebak.

  • Koek:
  • 420 ml koekmeel
  • 95 ml kakao
  • 4.25 ml bakpoeier
  • 4.25 ml koeksoda
  • 375 ml witsuiker
  • knippie sout
  • 95 ml sterk swart koffie (laat afkoel tot lou warm)
  • 187.5 ml karringmelk
  • 187.5 ml kookolie
  • 2 groot eiers
  • 7.5 ml vanilla geursel
  • Versiersel:
  • 500 g versiersuiker
  • 10 ml vanilla geursel
  • 100 ml kakao
  • +- 60 ml karringmelk
  • 200 g sagte margarien
  • ± 38 Kit Kat sjokolade vingers
  • ronde sjokolade maltlekkers
  • Smarties
  • lint om om te bind

Koek:
Smeer 2 laag koekpanne van 18 cm met botter en voer uit met bakpapier. Smeer bakpapier.
Sif alle droë bestanddele saam.
Meng eiers, olie, karringmelk en geursel goed saam.
Vou droë bestanddele by die natbestanddele in en meng tot net vermeng.
Voeg die louwarm koffie by en meng deur.  Moenie jou mengsel oormeng nie.
Verdeel gelykop tussen panne en bak by 180°C tot net gaar, ongeveer 25 – 30 minute.
Laat afkoel tot panne slegs lou is.  Verwyder en laat verder afkoel tot koud.  Laat goed verstewig in yskas voor jy dit versier.

Versiersel:
Klop botter en vanilla baie baie goed saam.  Sif versiersuiker en kakao saam em voeg geleidelik by die bottermengsel.  Meng met net genoeg karringmelk om ‘n smeerbare versiersel te maak.
Versier beide lae en ook buite om.  Maak seker jou kante is baie dik versier.
Neem ongeveer 38 Kit Kat stafies en druk dit teen die kante se versiersel vas.  Bind lint rondom om alles mooi stewig te hou.
Vul die bokant met ronde sjokolade maltlekkers en strooi Smarties bo-oor vir kleur.

Resep en foto: Elaine Steyn Steyn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5