Your Recipe Blog

KETO BAKLAVABLOKKIES

KETO BAKLAVABLOKKIES

Voordat keto/low carb my permanente manier van eet geword het, was baklava een van my heel gunsteling nageregte. So toe ek hierdie resep van alldayidreamaboutfood op google vind, was ek vreeslik opgewonde!! Ek het die resep ‘n hele ruk gelede gesave-en toe vandag op ‘n baie koue Saterdag vir die eerste keer gemaak. En dit is ongelooflik…en natuurlik keto en low carb vriendelik soos altyd. Hierdie is my aangepaste resep.

  • Kors:
  • 375 ml amandel of sonneblom meel
  • ⅓ koppie versoeter, na smaak
  • ¼ teelepel sout
  • ¼ teelepel xantham gum
  • 5 eetlepels koue botter
  • Neut bolaag:
  • 375 ml gemengde neute (ek het pekanneute en okkerneute (walnuts) gebruik)
  • 3 eetlepels gesmelte botter
  • ⅓ koppie versoeter, na smaak
  • 1 teelepel kaneel
  • 1 teelepel gerasperde lemoen of naartjieskil
  • Stroop:
  • 3 eetlepels water
  • 1 – 2 eetlepels versoeter
  • ½ teelepel vanilla geursel
  • ½ teelepel karamel geursel
  • ½ teelepel kaneel
  • ⅛ teelepel xanthan gum

Plaas die eerste 4 kors bestanddele in ‘n voedselverwerker en pols tot gemeng. Plaas die koue botter bo-op en pols totdat dit deurgemeng is en soos growwe krummels lyk.
Voer ‘n 30 x 20 cm pan uit met bakpapier, en spuit met Spray and Cook.
Skep die korsmengsel in die voorbereide pan, maak dit gelyk en druk vas met ‘n lepel.
Bak by 160ºC vir 15 – 20 minute tot goudbruin.
Pols die neute in dieselfde voedselverwerker tot medium fyn. Skep uit en meng met die botter, versoeter, kaneel en skil.
Skep bo-op die afgekoelde kors en bak 20 minute by 160ºC.
Plaas al die stroop bestanddele in ‘n pot, en kook saam vir 3 minute.
Skep bo-oor die warm gebak. Laat dit goed afkoel, haal dit versigtig uit die pan en plaas op n broodbord om heeltemal koud te raak. Sny in blokkies en geniet.

Resep geplaas deur Ilze Jacobs
Foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5