Your Recipe Blog

KERSPOEDING MET VARIASIES

KERSPOEDING MET VARIASIES

“My kers-poeding hierdie jaar was ‘n treffer, ekt hom 4 lae gemaak, maak vlge jaar maar ek hom tot bo!”

  • 2 x sjokolade Madeira koeke (gekoop, onversier), in stukkies of bak jou eie sjokolade koek
  • 2 blikkies karamel
  • 250 ml room
  • 1 liter sjokolademousse (of gebruik resep hieronder)
  • 6 “sweetie pies”
  • kersies, vir versiering

Meng karamel met room. Pak stukkies koek onder in ‘n diep glasbak. Dan ‘n laag karamelmengsel. Dan weer ‘n laag stukkies koek en dan sjokolademousse. Herhaal hierdie volgorde tot bo, en versier met sweetie pies en kersies bo-op.

Nota 1: Liezl Brouwer –
Maak ook as ‘n alternatief vir tussen die lae ‘n bessie-compode. Die suur gee dit ‘n lekker smaakvariasie. Laat gevriesde bessies, hoeveelheid na smaak (winkels gekoop), ontdooi. Voeg bietjie aarbeisap na smaak by, asook halwe koppie suiker. Bring tot kookpunt. Meng bietjie aarbeisap met meelblom (Maizena), voeg by en laat deurkook tot dik. Haal af en sit in yskas tot koud. Pak tussen lae en ook geskik vir bo-op.

Nota 2: Nichola Anne – Tuisgemaakte sjokolademousse

  • 50 ml vlapoeier
  • 50 ml kakao
  • 175 ml suiker
  • 500 ml melk
  • 15 ml gelatien
  • 30 ml koue water
  • 1 blik Ideal melk, verkoel

Sif vlapoeier, kakao en suiker saam. Voeg melk by en roer tot opgelos, verhit tot kookpunt. Roer gereeld totdat mengsel verdik, haal van hitte af. Spons gelatien oor koue water en roer by warm mengsel, laat afkoel. Klits Ideal melk tot dubbel in volume en vou kakaomengsel daarby in. Verkoel.

Hoofresep en fotos: Maretha Niemand Prins

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5