Your Recipe Blog

KERRIE VLEISPASTEITJIES

Recipe by
Cook: 25 - 30 minute | Servings: 14 klein tot medium

KERRIE VLEISPASTEITJIES

  • 1 kg stowe beesvleis
  • 2 eetlepels braaivleisspeserye
  • 3 wortels, in klein blokkies gesny
  • 1 groot aartappel, in klein bokkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 eetlepel kerriemengsel
  • 1 eetlepel paprika
  • 1 teelepel gemaalde brandrissies
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel vars gemaalde swartpeper
  • 1 eetlepel olyfolie
  • Kookwaterdeegresep (skakel onderaan), of deegresep van jou keuse
  • 1 eier, geklits

Stowe die beesvleis saam met die braaivleisspeserye oornag in ‘n prutpot.
Verwyder vleis van bene af en maak met ‘n vurk fyn.
In ‘n groterige pan, braai die kerriepoeier, paprika en gemaalde brandrissies liggies in die olyfolie.
Voeg die groente by, geur met sout en swartpeper.
Roerbraai oor lae hitte vir ongeveer 15 minute.
Voeg die fyn vleis by die groentemengsel en roer goed deur.
Laat staan eenkant.
Maak die kookwaterdeegresep aan volgens die resep.
http://yourrecipeblog.com/recipes/kookwater-pasteideeg/

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Sny die deeg in 12 – 14 ewe groot stukke en rol uit in ‘n sirkel of vorm van jou keuse. Ek sit dit sommer deur die pastamasjien om die ewe dik te kry.
Vul die deeg met die vleisvulsel en seël randte van deeg met bietjie koue water.
Smeer die pasteitjies met die geklitste eier.
Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat of bakpapier en bak vir 25 – 30 minute tot mooi goudbruin.

Resep en foto: Bernadene Daniell Prinsloo

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5