KERRIE PYNAPPELSLAAI
- 4 pynappels, geskil en blokkies gesny
- 2 groot uie, in blikkies gesny
- 2 koppies water
- 2 koppies witwyn
- ½ koppie suiker
- 3 teelepel kerriepoeier
- knippie sout
- 3 eetlepels, (45 ml) Maizena
Kook die pynappels en uie in die water, witwyn, suiker, kerrie en sout.
Kook tot pynappel amper sag is.
Meng die Maizena met bietjie water tot pasta, voeg by pynappels, roer goed deur en kook tot gaar en verdik.
Kan ook gebottel word.
Dit is heerlik!!
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk