Your Recipe Blog

KERRIE MARINADE LAM OF SOSATIES

by Your Recipe Blog

Rina Kleinhans
Posted by
Prep: 3 dae |

KERRIE MARINADE LAM OF SOSATIES

  • 2 kg blokkies skaapvleis of tjops
  • 2 groot uie in stukkies gesny
  • 15 ml botter
  • 250 ml water
  • 1 teelepel komyn
  • 1 teelepel swart peper
  • 1/2 teelepel rooi peper “cayenne pepper”
  • 2 eetlepel kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 teelepel paprika
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel bruin suiker
  • 2 koppies bruin druiwe asyn
  • sout en peper

Braai komyn, swart peper en kerriepoeier in droë pan vir 1 minuut.
Voeg ui en botter by en braai tot ligbruin, voeg 250 ml water by en kook ongeveer 5 minute.
Voeg cayenne peper, borrie, paprika, appelkooskonfyt, suiker en asyn by en kook nog 5 minute.
Meng 1 eetlepel mielieblom met ‘n bietjie water tot pasta en verdik sous daarmee.
Laat afkoel. Marineer vleis in sous vir 3 dae in yskas.
Ryg blokkies op stokkies (met rooi, groen en geel pepper tussen of blokkies pork rashers )en rooster oor warm kole. Sout op die rooster en bedruip met marinade tot gaar.
Nota:
Vir ‘n hele skaap in tjops gesaag (sonder ribs, nek en skenkels) maak die resep 8 keer aan.

Resep en foto: Elize de Kock

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5