Your Recipe Blog

KERRIE A LA WILMA

Recipe by
| Servings: 2 porsies

KERRIE A LA WILMA

Hierdie is ‘n kleinmaat resep want ek kook vir 1 mens.

  • Stampmielies:
  • 1 koppie stampmielies, geweek in kookwater vir 3 ure of totdat die water afgekoel het
  • 5 ml sout
  • 20 ml botter

Dreineer die styselwater af van die geweekte stampmielies, bedek met skoon water, sit op die stoof en laat droogkook sonder sout.
Pasop vir aanbrand. Spoel baie goed af onder koue water tot al die stysel uit is. Bedek weer met skoon water, voeg die sout by en laat weer droogkook tot die stampmielies gaar en lekker sag is.
Voeg botter by en roer deur.
Hou warm.

  • Kerrie:
  • 400 g vark stukkies (of enige ander vleis)
  • 10 baba aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 3 mediumgrootte wortels, geskil en in ringe gesny
  • ¼ groen soetrissie, opgesny
  • 1 handvol opgesnyde sampioene
  • 1 medium ui, geskil en opgesny in blokkies/skywe
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml braaivleisspeserye
  • 15 ml medium sterk kerriepoeier
  • 10 ml rissiepitte
  • 1 blikkie gekapte tamatie met kruie (gebruik net die helfte)

Braai die vleis in olie tot geseël aan alle kante en voeg al die speserye by.
Braai stadig sodat die vleis die geure kan opneem. Voeg die ui by en braai tot die ui deurskynend is.
Bedek die vleismengsel met water en kook vir 20 minute. Voeg die aartappels en wortels by en kook tot sag maar ferm. Voeg die sampioene, soetrissie en helfte van die tamaties by en kook vir nog 10 minute.
Bedien met stampmielies, vars tamatie en piesang.

Resep en foto: Wilma Josey Venter

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5