Your Recipe Blog

KARELIAN PIES-KARJALANPIIRAKKA

by Your Recipe Blog

Stien Rust
Posted by
Cook: 10 - 15 minute

KARELIAN PIES-KARJALANPIIRAKKA

  • Ryspap:
  • 400 ml rys (kort grein rys)
  • 1.5 liter melk
  • 400 ml water
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepel botter
  • Deeg:
  • 200 ml water
  • 400 ml rog meel
  • 100 ml meel
  • 1 teelepel sout
  • Eier botter:
  • 3 hard gekookte eiers
  • 50 g botter
  • ½ teelepel sout

Plaas die water in ‘n kastrol en voeg die rys by. Kook saam en roer dit een of twee keer en los dit dan totdat al die water geabsorbeer is.
Voeg nou die melk by, en kook dit vir ongever 30 tot 40 min totdat dit ‘n dik pap gevorm het. Roer dit ‘n paar keer om seker te maak dat dit nie aanbrand nie. Voeg nou die botter en sout na smaak by.
Sit dit opsy om koud te word.
(Ek gebruik my dubbel kastrol om die pap te maak, jy staan minder kans dat dit aanbrand)
Die pap is ook lekker om net so te eet met kaneelsuiker.

Vir die deeg:
Plaas die droë bestanddele in jou mengbak. Voeg nou die water by en knie saam om ‘n stywe deeg te vorm.
Keer die deeg op ‘n meel bestrooide werkoppervlak uit en rol dit in een of twee lang worsies.
Verdeel die deeg in 20 ewe groot stukkies.
Neem een stukkie deeg en rol dit so dun moontlik in ‘n ovaal vorm.
Plaas 2 eetlepels van die vulsel op die deeg, en spei dit uit tot so ‘n 1½ cm van die kante af.
Vou die kante om na die middel toe, en begin van bo om die rand te krimp. Jy neem die deeg tussen jou voorvinger en duim en vorm dan ‘n plooi. Dit raak makliker met oefening.
Plaas die tertjies op ‘n bakplaat en dan in ‘n warm oond 225°C vir ongeveer 10 tot 15 min. Hou hulle dop om nie te brand nie.
Intussen smelt botter wat jy dan oor die tertjie smeer sodra hulle uit die oond om. Los hulle dan eenkant om bietjie af te koel.

Om die eier botter te maak:
Druk die eiers fyn met ‘n vurk en voeg die botter en sout by. Meng alles goed saam. Gebruik as vulsel bo-op die tertjies.

Foto: Wilanda Räsänen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5