Your Recipe Blog

KARAMEL SPRINGMIELIES MET GRONDBOONTJIEBOTTER

by Your Recipe Blog

KARAMEL SPRINGMIELIES MET GRONDBOONTJIEBOTTER

  • 3/4 pak Springmielies (klaar gespring)
  • Karamelsous: 
  • 500 g botter/margarien gesmelt
  • 2 koppies bruinsuiker
    2 koppies witsuiker
  • 1 1/2 teelepels sout
  • 1 koppie gouestroop (my tuisgemaakte gouestroop gebruik)
  • 2 groot outydse eetlepels grondboontjiebotter
  • 1 teelepel koeksoda
  • 2 teelepels karamelgeursel

Bring botter, suiker, sout, stroop en grondboontjiebotter tot kookpunt. Meng goed.
Kook verdere 4 minute sonder om te roer. Verwyder van hitte.
Voeg koeksoda en karamelgeursel by.
Meng goed deur.
Giet die stroop oor die springmielies en meng goed deur tot alles bedek is.
Skep in 2 groot bakplate en bak vir 1 uur in oond op 190 ºC . Roer elke 15 minute.
Nota:
Ek het op 190° C begin en dit wou net brand. Oond afgedraai na 150°C hou maar dop.

Resep en Foto: Petre van Jaarsveld

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5