Your Recipe Blog

“KANNIE-OPHOU-ETIE-BROODJIE”

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 min

“KANNIE-OPHOU-ETIE-BROODJIE”

My 1ste broodjie inskrywing – gevulde pizzabroodjie.

  • Deeg:
  • 4 koppie bruismeel
  • ¾ eetlepel kitsgis
  • 2 eetlepel kookolie
  • 1 teelepel sout
  • 1½ koppie warmwater
  • 2 eetlepel suiker
  • Ekstra:
  • blatjang
  • ham of salami skyfies
  • Mozzarella
  • 1 eier, geklits vir oor smeer
  • gekapte knoffel
  • sesame saad

Meng alles saam maar gebruik slegs 2 koppies meel aan die begin. Soos jy dit saammeng, voeg res van die meel by.
Knie vir 8 – 10 min.
Bedek en laat rys vir ‘n uur.
Rol dan uit tot so 5 mm dik.
Smeer deeg met blatjang.
Sny ham en salami in blokkies.
Pak salami/ham laag en bedek met Mozarella.
Rol toe soos ‘n rolkoek en smeer met eier,  sprinkel met fyn knoffel en sesame saad.
Bak vir 25 min op 190°C op gespuite bakplaat.
Bedien met gepiekelde chilli indien verkies.
Voilá!!!!!

Resep en foto: Liezl Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5