Your Recipe Blog

KAASWORSIESOSATIES

KAASWORSIESOSATIES

“Gistraant se sosaties. Heeerlik bly maar lekker.”

  • 1 groen soetrissie (bell pepper), ontpit, en in sosatie grootte blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie (bell pepper), ontpit, en in sosatie grootte blokkies gesny
  • genoeg kaasworsies vir hoeveelheid sosaties, in sirkels gesny
  • genoeg stukkies uie, in sosatie grootte stukkies gesny
  • genoeg bruin sampioene, waarvan die stammetjies uitgebreek en gestop is met knoffelbotter
  • sosatiestokkies

Ryg saam op ‘n stokkie soos volg. ‘n Stukkie groen soetrissie gevolg deur ‘n stukkie kaaswors, ‘n stukkie ui, ‘n bruin gestopte sampioen.
Herhaal die proses maar gebruik elke keer ‘n ander kleur soetrissie tot die stokkie vol geryg is.
Braai die sosaties op die kole tot lekker gaar en mooi bruin, sodat die botter lekker in die sampioene kan insuig en die kaas in die stukkie kaaswors lekker gesmelt is.

Wenke
Petro Austin – Party mense sit ‘n stukkies vet ook in. Dit maak dit nog lekkerder – so geleer eet in Kimberly.

Gideon Louw – ek gebruik dun stokkies as die stammetjie van die sampioen uitgebreek is – sampioene kan bars – dan bly dit mooi heel. Ek dink ook die bruin sampioene is ‘n bietjie minder bros as die wittes. Jy kan ook die stokkies met olie smeer. Dit kan ook help sodat bruin sampioene nie bars nie.

Christa van Der Merwe – Pynappel is heerlik, indien jy van warm pynappel hou.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5