Your Recipe Blog

KAAS EN SPRIETUIE MUFFINS

Recipe by
Cook: 20-25 Minute

KAAS EN SPRIETUIE MUFFINS

Ek krap toe vanmôre ‘n ou resep uit van Women’s Value, Januarie 2001.
Dit is veerlig en heerlik met margerien op. Pas uit die oond.

‍Voorverhit oond op 200°C.

  • 300 g (550 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 3 ml mostertpoeier
  • 2 ml sout
  • 24 g (30 ml) suiker
  • 72 g (180 ml) gerasperde Cheddar kaas
  • 50 ml gekapte sprietuie
  • 300 ml melk
  • 1 groot eier, geklits
  • 60 g (60 ml) gesmelte margerien

Meng droë bestanddele en roer gesmelte margerien by.
Voeg die gerasperde kaas by. Klits eier in melk en voeg by.
Meng goed.
Skep lepelsvol in gesmeerde muffin pannetjie.
Baktyd 20 – 25 minute.

Variasies:
Voeg 125 g gebraaide “bacon bits” of 4 opgesnyde salami by.
Vervang die sprietuie met pietersielie of gras uie.

Resep en foto: Hannie Steyn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5