Your Recipe Blog

KAAS- EN SPEKBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 min. | Servings: 1 broodjie

KAAS- EN SPEKBROOD

’n Lekker souterige brood wat geen botter of vulsel nodig het nie; sny dit net en pak in jou kosblik.

  • 310 ml (1¼ koppie) koekmeel
  • 5 ml (1 teelepel) bakpoeier
  • 4 sprietuie, fyngekap
  • 350 g cheddarkaas, gerasper
  • 125 g spek, gekap
  • 4 eiers
  • sout en peper
  • 10 ml (2 teelepels) soetrissiesous
  • 5 ml (1 teelepel) olie
  • 60 ml (¼ koppie) karringmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpannetjie met olie.
Sif die meel en bakpoeier in ’n groot bak. Roer die sprietuie, kaas en spek by (moenie die spek gaarmaak nie – dit gee die brood sy geur terwyl dit in die deeg kook).
Meng die eiers, sout, peper, soetrissiesous, olie en karringmelk in ’n beker of bak.
Giet in die meelmengsel en meng goed.
Plaas die deeg in die bereide broodpan en bak 40 minute of tot ’n toetspen wat in die middel gedruk word, skoon uitkom.
Laat vyf minute afkoel, draai uit op draadrak en laat heeltemal afkoel.

Foto: Rina Kleinhans
2de foto: Hardus Van Der Hyde — Dit het baie lekker uitgekom. Het dit sommer in muffin pan gemaak – Ja met ‘n koue hoender vulsel. Soos oom Gideon sal sê dit was djeerlik!!!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5