JONIQUE SE VARK EN AARTAPPEL MENGELMOES EENPOTGEREG
- 2 varktjops
- 4 “russians”, in wielietjies gesny
- 1 medium ui, in ringe gesny
- 2 groot aartappels, geskil en in skywe gesny
- 1 blikkie chakakala met suikermielies
- knoffel, opsioneel
- botter of margarien
- speserye
- sout
- swart peper
- suurlemoen en kruie speserye, opsioneel
- suurlemoensap
- soet en suursous of Mrs Balls blatjang
- barbeque speserye
- rooi peper, opsioneel
Voorverhit oond tot 180°C.
Neem oondvaste bak en plaas ‘n laag uie ringe en dan laag aartappel skywe. Geur met alle speserye en suurlemoen sap na smaak na elke laag aartappels.
Strooi ‘n lagie “russians” oor en sit dan gespeseryde varktjops bo-op. Weer ‘n laag uie en dan aartappels en “russians”. Bou lagies.
Neem laastens ‘n blikkie chakakala, voeg bietjie water, soet suur sous of Mrs Balls blatjang by en meng goed.
Plaas klonte botter tussen die groente en ook die knoffel.
Giet die chakakalamengsel oor en sit die deksel op.
Bak vir ongeveer 90 minute of tot aartappels sag is en tjops gaar.
Nota:
Ek is seker die opsies is eindeloos. Jy kan kaas, spek, ham, soetrissie, sampioene en ‘n legio ander bestanddele bysit afhangende van wat in jou koskas is. Geniet.
As jy al die speserye gebruik is dit “spicy”. Jy kan beslis ‘n kindervriendelike weergawe maak met tamatiepasta en kaassous of witsous.
Resep en foto: Jonique Jooste