Your Recipe Blog

JOGURT, TAMATIE EN GARNAAL VOORGEREG

JOGURT, TAMATIE EN GARNAAL VOORGEREG

  • 1 houer gewone jogurt
  • 1 bakkie klein tamatietjies
  • vars kruie, soveel soos jy daarvan hou
  • basilliekruid
  • tiemie
  • stingel uie (spring onions)
  • roket
  • knoffel olyfolie
  • sout en peper na smaak
  • vye blatjang
  • garnale

Plaas die tamaties en kruie (behalwe roket) in ‘n oondvaste bakkie.
Sprinkel sout, peper en olyfolie oor en bak vir so 10 min teen 180°C.
Braai die garnale in knoffelbotter.
Skep so 2 eetlepels jogurt in ‘n klein bakkie, daarna ‘n eetlepel vye blatjang en dan so 2 blare roket.
Skep die tamaties bo-oor.
Sit so paar garnale bo-op.
Ek het dit saam ‘n broodjie bedien wat ek bietjie gerooster het in oond.

Resep en foto: Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5