Your Recipe Blog

JOGURT EN BESSIEPOTJIES

JOGURT EN BESSIEPOTJIES

Het vanoggend bietjie mooi brunch gemaak vir baie spesiale vriende. Vir “voorgereg” het ek hierdie jogurt en bessiepotjies aanmekaar geslaan. Dit vat bietjie tyd, maar is beslis die moeite werd.

  • 1 koppie bloubessiekonfyt
  • 1 kg dubbelroom jogurt
  • vars bessies, na smaak
  • bietjie vanilla ekstrak of -pasta
  • 1 eetlepel strooisuiker
  • gekapte pistasieneute, na smaak
Skep die konfyt in ‘n potjie en verhit stadig tot kookpunt. Laat vinnig kook en roer gereeld. Dit moet lekker dik word. (Dit kook vir so 10 tot 12 min). Koel af tot kamertemperatuur.
Sit ‘n skoon dubbellaag Moeselien in ‘n vergiettes en laat die kante oorhang. Skep die jogurt daarin en bind netjies en stewig toe. Hang op in die yskas met ‘n druprakkie onder dit en laat staan oornag.
Sny die bessies op in netjiese stukkies. Voeg die strooisuiker en bietjie vanilla by.
Smeer ‘n blerts van die dikgekookte bloubessiekonfyt aan die binnekant van flessies en hou dit eenkant.
Vou die res van die konfyt in die gedreineerde jogurt in, maar moet dit nie deurmeng nie.
Werk liggies want jy wil ‘n marmereffek hê.
Skep die dik joghurt in ‘n spuitsak met ‘n gewone versierspuitstuk en spuit die jogurt in die flessie (Ek het op die skaal gewerk en het 100 gm per flessie versier).
Skep 2 lekker lepels vol van die bessies bo-op en garneer met ‘n bietjie gekapte pistasieneute.
Sit deksels op en verkoel tot benodig.

Resep en fotos:  Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5