Your Recipe Blog

JELLIELEKKERS

JELLIELEKKERS

Hier is ‘n vinnige en maklike jellielekker resep (soortgelyk aan  “jelly babies” sonder enige preserveermiddels en hope suiker om vir die kinders te maak. Vervang gewone jellie met suikervrye jellie en/of gebruik 100% vrugtesap vir ‘n gesonder opsie.

  • Vir jellielekkers:
  • 125 ml water
  • 1 pakkie jellie (geur van jou keuse)
  • 1 eetlepel gelatienpoeier
  • Vir vrugtelekkers:
  • 125 ml vrugtesap
  • 1 teelepel heuning
  • 2 eetlepels gelatienpoeier

Plaas water of vrugtesap in ‘n pot of pan.

Vir jellielekkers:
Voeg jellie en gelatienpoeier by water.

Vir vrugtelekkers:
Voeg voeg heuning en gelatienpoeier by vrugtesap.
Meng oor lae hitte totdat al die bestanddele opgelos is.
Giet in silikoonvorms en plaas in yskas vir ongeveer 1 uur.
Verwyder uit die vorms en laat bietjie uitdroog (sowat ‘n uur – dit is gereed as dit nie meer taai is met aanraking nie).
Stoor in ‘n houer met ‘n deksel in die yskas.

Resep en foto:  Bernadene Daniell Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5