Your Recipe Blog

JELLIE LEKKERTE NAGEREG

JELLIE LEKKERTE NAGEREG

In Suid-Afrika is dit nou winter en hier in Kuwait 45 grade Somer. Ek het jare gelede dit as kind in ons huis geëet. Verfrissend, mooi, lekker en so maklik. Jellie lekkerte/ Broken Glass Jello.

  • 4 pakkies verskillende kleure jellies
  • 4 koppies kookwater (1 koppie per pakkie jellie)
  • 2 pakkies gelatien
  • 2 koppies warm water
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 teelepel vanilla

Maak die verskillende kleure jellies aan, elk met ‘n koppie kookwater.
Plaas in bakkies van ongeveer 10 mm dikte, laat afkoel en stol in die yskas. Sny in blokkies.
Maak die gelatien aan met die 2 koppies kookwater en laat afkoel.
Voeg die kondensmelk en vanilla by  die gelatine en meng deur.
Plaas al die jellieblokkies in ‘n groot glasbak, voeg die kondensmelkmengsel by en roer liggies deur.
Plaas terug in die yskas tot heeltemal gestol. Sny in blokkies vir opdiening.

Resep en foto: Mariana Schreuder Barker

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5