Your Recipe Blog

JALAPENO POPPERS

Recipe by
Cook: 20 minute

JALAPENO POPPERS

Ons het gistermiddag hierdie heerlike vingerleklekker voorgereg op ons balkon, terwyl ons vir die see kyk, geëet met heerlike Strawberry-lime bier!
  • Hoeveelhede na gelang van die porsies:
  • Jalapenos
  • Roomkaas
  • Goudakaas
  • Streepspek

Enige hoeveelheid jalapenos gewas en afgedroog.
Sny jalapenos in lengte oop.
Vir sterk brandsmaak, los redelik baie van die pitte en wit segmente binne.
Vir medium brand, verwyder van die pitte en segmente.
Vir geen brand, verwyder al die pitte en segmente.
Vul jalapenos met roomkaas en ‘n lekker dik sny goudakaas.
Draai gevulde jalapenos met streepspek toe en bak tot goudbruin en krakerig vir geveer 20 min op 200ºC.

Idee en foto:  Marie Bateman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5