Your Recipe Blog

IDEES MET GEVULDE BOTTERSKORSIE

IDEES MET GEVULDE BOTTERSKORSIE

Sanet Potgieter:
Ek wil halwe botterskorsies gevul met maalvleis maak vanaand – weet nie mooi hoe om pampoen gaar te maak nie. Hoe lank, hoe warm, oop of toe in die oond?

Marisca Lubbe:
Ek sny myne oop, ontpit en kook vir 5 min. Vul met gaar vleis en sit in die oond vir so 30 min of tot pampoen mooi gaar is. Kan dit toe maak met foelie en later afhaal vir kaas om te smelt, as jy kaas wil opsit.

Janett De Beer:
Halveer die pampoen, ek verkies botterskorsie, haal pitte uit, kook tot die vleis van die pampoen sag is, skep jou maalvleis vulsels in, ek skep bietjie pampoen uit sodat dit lekker vol vleis is, meng die uitgeskepte pampoen saam maalvleis, gooi kaas oor en bak van bo af tot lekker gesmelt.

Queane du Toit:
Cook savoury mince. Slice butternut lengthways, in half. Remove pips. Slice into flesh. Cover with foil. Bake at 180°C for 30 min or until soft. Remove foil. Fill cavity with mince. Return to oven, uncovered for 10 minutes.

Sheldene White:
Maak botterskorsie heel gaar in mikro-golf, steek net paar gaatjies in eers. Maak maalvleisvulsel terwyl botterskorsie in mikro is. Laat effens afkoel, sny in die lengte in die helfte deur en skraap pitte met lepel uit. Skep maalvleismengsel in die holte en oor die stam-gedeelte. Rasper kaas oor en druk in die oond onder rooster-element tot kaas lekker gesmelt en ligbruin is. Bedien met mengelslaai. Baie vullend en heerlik

Nicolette Annandale:
Ek het dit Maandagaand gemaak!😁😍 ek het my botterskorsie halveer, in ‘n sak toe gemaak en in die mikrogolf gedruk vir 10 minute, gelos om bietjie af te koel, verder pampoen uitgehol en gaar maalvleis mengsel in gesit, ek het toe kaas bo-oor gerasper en in die oond gesit vir 3-5 minute (2 plaat stofie).

Hester James:
Ek vul die rou botterskorsie met mengsel van gebraaide uie, soet groenrissie, mielies, spekstukkies, maalvleis en kaas blokkies. Dan gooi ek in my oondpan water vir stoom van pampoen. Bo dit “line” ek my pan met foelie en dan pak ek my gevulde pampoen op dit. Bak 30 minute of tot gaar. Sprinkel kaas oor en grill tot kaas lekker gesmelt is soos jy dit verkies.

Elize de Kock:
Al die raad is reeds hierbo gegee, maar dit help en die geure is beter as jy jou pampoen na dit gehalveer is aan die vleiskant prik met ‘n skerp messie.

Ria Jeevan:
Ek was myne eers baie goed af en halveer dit dan. Ek haal pitte uit (ek was pitte goed af en braai op stadige hitte met ‘n bietjie sout en dop uit en voeg by ons pap). Ek vat dan ‘n lepel en hol verder uit tot die regte diepte en grote en kook in pot met ‘n mespunt sout (dit bring die botterskorsie se smaak meer uit) vir ongeveer 10 min en haal uit om af te koel. Die water laat ek ook afkoel en gebruik dit vir my potplante in die huis. Die (stukke wat ek uitgehol het, bêre ek in vrieskas vir wanneer ek groentesop maak om sop te verdik). Ek sit geroomde spinasie in botterskorsie en plaas in oond met kaas oor.

Foto: Nicolette Annandale

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5