Your Recipe Blog

HOENDERPOTJIE MET GRONDBOONTJIES EN BROCCOLI

HOENDERPOTJIE MET GRONDBOONTJIES EN BROCCOLI

  • 4 hoenderborsfilette of hoender-braaipak
  • olie vir braai
  • 1 blokkie hoenderekstrak, opgelos in koppie kookwater
  • 2 eetlepels grondboontjiebotter
  • knypie of 2 ”crushed chillis” of rooipeper
  • ½ broccoli in boompies, gesny
  • ½ pakkie hoenderroomsoppoeier, opgelos in 1 koppie melk
  • 1 houertjie (250 ml) room
  • sout, peper en paprika na smaak

Braai hoender en chilli in die olie bruin.
Haal uit en sit eenkant.
Voeg die ekstrak en grondboontjiebotter in die pot en bring tot kookpunt.
Voeg hoender by en prut tot gaar.
Meng melkmengsel en room en voeg by.
Druk broccoli om die rand binne die pot, stingels onder en sit deksel op.
Prut so 5 minute tot verdik.
Bedien met gebraaide- of pietersielierys.

  • Gebraaide rys:
  • 1 ui gekap
  • gekapte soetrissie na smaak
  • 2 eetlepels botter/margarien
  • 1 koppie rou rys
  • 2 eetlepels soyasous
  • 2 koppies water
  • 1 hoenderekstrakblokkie

Braai gekapte uie en soetrissies in ‘n eetlepel botter tot uie deurskynend is. Voeg nog ‘n eetlepel botter/margarien by en die rou rys. Roer deur tot rys met botter bedek is, dit sal so half blink. Voeg die soyasous, water en hoenderekstrakblokkie by. Roer deur.
Sit nog water by as nodig.
Kook stadig tot rys gaar is en die vloeistof weg gekook het.
Njamm, smaak na nog.

Nota:
Jy kan selfs ‘n piesang op die einde insny.

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5