Your Recipe Blog

HOENDERKERRIE IN DIE PRUTPOT

Cook: 6 - 8 Ure

HOENDERKERRIE IN DIE PRUTPOT

Hoenderkerrie in die prutpot (slow cooker) op ‘n yskoue Vrydagaand…die kerrie met die minste moeite wat ek nog ooit gemaak het, met net ‘n klein bietjie vooruit beplanning.  Vrydagaand “fakeaways”, done!

  • 3 groot (of 4 kleiner) hoenderborsies
  • ½ bottel kerrie puree van jou keuse (ek het botter hoenderkerrie puree gebruik)
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 1 teelepel fyn kardemom (of 4 peule se sade, fyngemaak)
  • 1 teelepel gemmerpoeier
  • 1 teelepel knoffelpoeier
  • 1 ui, in skywe gesny
  • 100 ml room
  • 5 ml suiker
  • sout en peper, na smaak

Plaas al die bestanddele behalwe die room en suiker in die prutpot.
Kook op laag in die prutpot vir 6 – 8 ure.
Trek die hoender met twee vurke uit mekaar in die sous.
Voeg die room, suiker, sout en peper by, roer deur en bedien met rys, naan en raita.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5