Your Recipe Blog

HOENDERBORSIES MET LEMOENMARINADE

HOENDERBORSIES MET LEMOENMARINADE

Ek het lemoenkonfyt gekook en dit gebruik in my marinade vir die hoender. (Skakel onderaan)

  • 4 hoenderborsies, gevlek
  • 2 eetlepels hoenderspeserye
  • Marinade:
  • ½ koppie Lappies of Jimmy’s sous
  • 3 eetlepels Prego sous
  • 2 teelepels Dirky sous of eie keuse brandsous, opsioneel
  • 3 eetlepels nartjie- of lemoenkonfyt, fyn gesny
  • 1 eetlepel heuning
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • sout en peper na smaak

Sprinkel die hoenderspeserye aan albei kante van die hoenderborsies.
Meng die bestanddele vir die marinade.
Marineer die hoender vir ‘n uur of beter oornag in die sous.
Braai die gemarineerde hoender op ‘n oop vuur of waterbraaier tot gaar en goud bruin.

Nota:
Gerasperde lemoenskil van een lemoen kan bygevoeg word vir ekstra oemf.

Skakel na die lemoenkonfyt:
http://yourrecipeblog.com/recipes/lemoenkonfyt/

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5