Your Recipe Blog

HOENDER ROERBRAAI MET SUIKERERTJIES EN NARTJIES

Recipe by
Cook: 30-40 minute

HOENDER ROERBRAAI MET SUIKERERTJIES EN NARTJIES

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, opgekap
  • 2 cm gemmer, skoongemaak en in skyfies gesny
  • 15 ml sojasous
  • 15 ml suurlemoensap
  • 2 hoenderborsies, opgesny in skyfies
  • 5 ml sout
  • 5 ml grof gemaalde swartpeper
  • 1 rooi soetrissie, opgesny in ringe
  • 20 heel suikerertjies
  • 2 klein nartjies, geskil en skyfies uitmekaar gehaal

Verhit die olyfolie in ‘n pan. Voeg die gekapte ui en gemmer by en braai op lae hitte tot uie mooi bruin is.
Voeg sojasous, suurlemoensap, hoenderstukkies, sout en swartpeper by en roerbraai op medium hitte totdat die hoender gaar is (ongeveer 10 tot 15 minute).
Voeg soetrissie, ertjies en nartjies by en roerbraai vir ongeveer 10 minute.
Die groente moet nog krakerig wees.
Sit die deksel op en laat rus vir 5 minute voor opdiening.
Bedien saam met kapokpatats of kapokaartappels of stysel van jou keuse.

  • KAPOKPATATS
  • 1 groot patat, opgesny in skywe
  • 15 ml botter
  • 5 ml sout
  • 5 ml witpeper

Kook patats in water tot sag en dreineer.
Druk patats fyn, voeg botter, sout en peper by.
Bedien saam met hoender roerbraai.

Resep en foto: Bernadene Daniell Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5