Your Recipe Blog

HOENDER RAMEN

Recipe by
Cook: 90 minute

HOENDER RAMEN

  • Master stock:
  • hoender karkas en nekkies
  • 1 wortel, opgekerf
  • 1 ui, in kwarte gesny
  • 1 steeltjie “lemongrass”, gekneus
  • 6 steeltjies vars koriander
  • 6 steeltjies knoffel grasuie
  • 1 prei, grof gekap
  • 2 knoffelhuise, gekneus
  • 1 duimgrootte vars gemmer, gekneus
  • 3 eetlepels vis sous
  • 4 eetlepels soja sous
  • 80 ml Sherry
  • 2 hoender aftreksel blokkies
  • 1 bees aftreksel blokkies
  • 10 koppies water
  • 8 hoender stukke (4 boudjies, 4 dye)
  • Vir opdiening:
  • eiers, gekook soos verkies
  • sprietuie, gekerf
  • gaar hoender
  • gaar noedels (eier noedels is ideal, maar 2 minute noedels werk net so goed)
  • wit sampioene, gesny en in bietjie botter gebraai

Los al die aftrekselblokkies in 4 ekstra koppies water op.
Braai hoender in sesame olie. Voeg res van “master stock” bestanddele by en prut op medium hitte vir sowat 45 minute. Voeg hoenderstukke by en prut vir sowat 45 minute. Haal gaar hoenderstukke uit, dreiner vloeistof deur ‘n sif in ‘n skoon pot.
Hou vloeistof warm. Ontbeen hoenderstukke.
Sit gaar noedels in ‘n diep bord, voeg aftreksel by. Die noedels moet heeltemal bedek wees met vloeistof. Sit hoender bo-op, gevolg deur sampioene, sprietuie en gekookte eier. Geur met ekstra vissous en sojasous na smaak.

Nota:
In totaal word 14 koppies water gebruik.

Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5