Your Recipe Blog

HOENDER MAFE (GRONDBOONTJIE HOENDER)

Recipe by
Cook: 60 - 75 minute

HOENDER MAFE (GRONDBOONTJIE HOENDER)

  • 8 hoender dytjies
  • 1 groot ui, in segmente gesny
  • 1 groenrissie, in blokkies gesny
  • 1 geelrissie, in blokkies gesny
  • 1 botterskorsie, in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • vars gekapte koljander blare na smaak
  • gekapte grondboontjies na smaak
  • gesnipperde sprietuie na smaak
  • basmatie rys
  • Sous:
  • ⅓ koppie growwe grondboontjiebotter
  • 1 blik klappermelk
  • 1 teelepel komyn
  • 3 teelepels fyn knoffel
  • 2 teelepels fyn vars gemmer
  • 50 g tamatiepasta
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • sprietuie vir garnering
  • 1 teelepel rissie, opsioneel

Voorverhit die oond tot 180°C.
Pak die uie, hoender, groenrissie, geelrissie en botterskorsie in ‘n oondvaste bak.
Geur met sout en peper na smaak.
Meng al die bestanddele vir die sous saam – ek gebruik sommer my stok menger.
Giet die sous oor bestanddele in die oondbak.

Bedek die bak met foelie. Bak vir 30 – 45 minute met die foelie op.
Wanneer dit goed aan die borrel is haal die foelie af en bak dit vir nog so 30 minute.
Druk so elke nou en dan ‘n lepel van die kant af in om die hoender te lig en om te draai tot die hoender lekker bruin word.
Bedien die hoender en pampoen op basmatie rys.
Sprinkel die koljander, grondboontjies en sprietuie bo-oor.

Resep en foto: Wayne Dugmore

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5