Your Recipe Blog

HOENDER EN SPINASIE PASTEIVLEGSEL

by Your Recipe Blog

Stien Rust
Posted by
Cook: 30 minute

HOENDER EN SPINASIE PASTEIVLEGSEL

Hoender en spinasie pasteivlegsel met oondgeroosterde groente.

  • 250 g sampioene, in skyfies gesny
  • 1 groot ui, gesny
  • 200 g babaspinasieblare
  • sout en peper
  • 100 g Feta, gekrummel
  • 200 g hoenderborsfilette, gaar en in blokkies gesny
  • 40 ml botter
  • 40 ml koekmeel
  • 250 ml melk
  • 400 g skilferkorsdeeg (puff pastry)
  • 1 geklitste eier
  • gekaramaliseerde tamaties
  • 50 ml balsamiek asyn
  • 15 ml bruinsuiker
  • 250 g klein tamaties

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Verhit olyfolie en roerbraai sampioene tot gaar en sag.
Voeg die uie en roerbraai tot sag.
Roer die spinasie by en geur met sout en swartpeper.
Laat afkoel en voeg die Feta en hoender by.
Smelt die botter in ’n kastrolletjie. Roer die koekmeel by tot gemeng. Roer die melk by en roer tot verdik. (maak ’n witsous) Sit sout en peper by sous na smaak. Laat afkoel.

Rol die skilferkorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
Skep die vleisvulsel in die middel van die deeg.
Sny die deeg aan die kante in repe en vou soos ’n vlegsel oor die vleis.
Smeer water op punte van vlegsel en druk liggies vas om te verseker dat dit nie loskom nie.
Verf die pastei met geklitste eier.
Sit op gesmeerde bakplaat. (gebruik 2 eierspane om dit op te lig)
Bak in voorverhitte oond vir 30 minute of tot goudbruin.

Gekaramaliseerde tamaties:
Verhit die balsamiek asyn en suiker en laat prut tot dikkerige stroop.
Sit tamaties en sout by en laat deur warm word.
Opdien:
Sit pastei op opdienbord. Skep die balsamiese reduksie en tamaties oor die pastei.

Resep geplaas deur Charne de Jager
Foto: Charne de Jager

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5