Your Recipe Blog

HOENDER EN SPINASIE PASTEI

Recipe by
Cook: 35 minute

HOENDER EN SPINASIE PASTEI

Moet jou nie laat afskrik deur die klomp speserye en kruie in hierdie resep nie. Wanneer al daardie geure bymekaar kom, gee dit ‘n smaaksensasie soos min!!

  • 3 hoenderborsies
  • 200 g gekapte ontbytspek
  • 1 fyngekapte ui
  • 1 tamatie
  • 200 g sampioene
  • 1 bossie spinasie, fyngekap
  • 2 eetlepels wit uiesop
  • 4 korrels All Spice, fyngemaak
  • 4 eetlepels plein jogurt
  • 2 teelepels fyngemaakte knoffel
  • 3 kruienaeltjies
  • 4 cardamom pitte
  • 2 teelepels Oreganum
  • 1 teelepel koljander
  • sout en Cayenne peper, na smaak
  • Sagte pasteideeg:
  • koppie koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 125 ml botter of margarien
  • ¾ koppie melk
  • 1 eier
  • 2 ml sout

Plaas die hoender borsies met al die speserye en kruie in ‘n stoompot en stoom vir ongeveer 15 minute, of kook in ‘n kastrol tot sag. Kook die spinasie liggies tot dit net verwelk en hou eenkant.
Braai die uie en ontbytspek en hou eenkant. Ontbeen die hoender en sny in blokkies en voeg saam met die uie en ontbytspek in ‘n kastrol met ongeveer ‘n koppie van die aftreksel in die stoompot. Voeg die spinasie, jogurt en soppoeier by en laat prut vir 5 minute.
Plaas in ‘n oondbak en giet die sagte pasteideeg oor.

Pasteideeg:
Vryf botter in die meel in.
Klits eier en melk en meng dit in die meel in vir ‘n slap deeg.
Drup bo-oor die hoender en bak by 180°C.

Nota:
Wanneer die luivroudeeg gebruik word, moet die vleis lekker souserig wees.
Die vleissous bak in die deeg in. Dit deug ewe goed op maalvleis of wildvleis wat ontbeen is.
Bak in die oond by 180º C vir ongeveer 35 minute tot die deeg goudbruin is.

Resep geplaas deur Adrian Olivier
Foto:  Adrian Olivier

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5