Your Recipe Blog

HOENDER EN FETA QUICHE

Recipe by
Cook: 30 minute

HOENDER EN FETA QUICHE

  • Kors
  • 115 ml margarien, verkieslik ‘n harde margarien, soos best for bake van pnp
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 eier
  • 75 ml melk (5 eetlepels)
  • 2,5 ml sout
  • 2.5 ml Italian herbs, opsioneel
Klits bogenoemde bestanddele goed saam, sal ‘n deeg vorm wat jy moet kan uitrol.
As jy ‘n sagte margarien gebruik gaan jou deeg slapperig uit kom, voeg klein bietjie meel by.
Jy kan die res van die deeg in kleef plastiek sit en vries vir ‘n volgende keer.
  • Vulsel
  • 4 hoender borsies, in blokkies gesny (gekook vir 10 min of tot gaar in 2 teelepel hoender speserye, dan gevlok/gesny kleiner stukkies)
  • 1 pak spek, in blokkies
  • ½ pak sampioene, gesny
  • 1 ui, fyn gekerf
  • 4 eiers
  • 125 ml ongegeurde jogurt of suurroom
  • knoffelpeper en aromat
  • 2 wiele Feta
  • sout, pepper en kruie na smaak
Braai spek, uie en sampioene saam. Meng met hoender.
Klits eiers en yogurt/suurroom met knoffelpeper en aromat gegeur, saam.
Rol deeg dun uit en voer gesmeerde 25 cm quiche pan met kors uit. Skep hoender, spek en sampioenmengsel eweredig op die kors en krummel 2 wiele Feta bo-oor.
Giet eier-suurroom mengsel bo-oor en bak vir 30 min teen 180°C.

Resep en foto : Sunell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5